Nataniël is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in ¿Nicky & Lou, ¿en sy jongste blitsverkoper ¿150 stories, ¿is die verhale in ¿Zip! spitsvondig en báie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: "As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap." 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels. Nataniël has done it again. 41 pitch-perfet stories from his most recent stage productions since 2012: funny, wry, and often with a bitter sting in the tail. These stories evoke South Africans at their best, and their worst. It's the small dorpies, the crazy characters on the fringe, and always Nataniël's uncanny insight into human nature. 27 stories are in Afrikaans, and 14 in English.